top of page

Algemene Inligting

​

​

​

Sterredenaars is trots om tê se dat ons toesprake landwyd gehoor word in verskeie lokale tydens die ATKV redenaarseisoen, CVO, Radikale Redenaars en ander redenaarskompetisies MAAR ons gee u die versekering dat ons nie kinders se name of prestasies op Sterredenaars se webblad bekend maak nie.

​​

Sterredenaars voldoen ook aan al u ander toespraak behoeftes.  Rig slegs die versoek en ons sal skryf. 

 

Ons ontvang ongelukkig geen oproepe nie aangesien ons NOOIT tyd sal kry om te skryf nie!  Kommunikeer gerus deur middel van Sterredenaars se e-pos - sterredenaars@gmail.com

 

Ons skryf ook alle Gr 1 - 12 Engelse toesprake.  Public Speaking, Orators, Class Speeches.  

 

 

Vrywaringsklousule:

  1. U moet aan Ster Redenaars die volgende inligting verskaf in u aansoek vir ‘n nuwe toespraak:

    - Kind se ouderdom en geslag

    - Waar is die kind woonagtig – landelik, stedelik, plaas, by die see, koshuis of ander relevante domicilium

    - Skolasties – klein skool, groot skool of ontvang die kind tuisonderrig

    - Wat is die kind se posisie in die gesin en hoe beïnvloed sy/haar broers/suster hom/haar indien wel

    - Sy/haar persoonlikheid, stokperdjies en passies

    - Spesifieke voor- en  afkeure

    - Idees van die ouer of kind aangaande die toespraak

    - ‘n Beredeneerde onderwerp*

    - Vier stawende argumente*

  2. * L.W.  Indien u nie ‘n onderwerp en/of argumente verskaf nie, aanvaar u volle verantwoordelikheid vir die toespraak en   vrywaar u Ster Redenaars van enige eise of versoeke.  Indien u wel enige versoeke aan Ster Redenaars rig om veranderings aan die toespraak aan te bring, sal dit addisionele onkostes tot gevolg hê. 

  3. Indien u, die kliënt, die bostaande inligting aan Ster Redenaars verskaf, en u die nodige motiverings kan verskaf, kan ons dit oorweeg om ‘n verandering aan u toespraak aan te bring, op versoek.  U is egter GEENSINS geregtig op ‘n volledige, nuwe toespraak nie.  Indien u versoek dat Ster Redenaars weer ‘n volledige, nuwe toespraak skryf, sal u weer aanspreeklik wees vir die volle aankoopfooi.  

  4. Ons kan ongelukkig nie 'n toespraak omruil of teruggeneem indien u nie "hou" van die toespraak nie.  U het reeds die inhoud van die toespraak besigtig en die eksklusiwiteit van die toespraak is dus u eiendom en kan nie weer aan iemand anders verkoop word nie.  

bottom of page