top of page

VOORBEELDE

Graad 5 

Voorsitter
Ek wil u iets gee om 'n rukkie aan te kou…
Kou… Gom…
En as u eers ‘n rukkie gekou het... dan plak hy…

 

Dames en here… en as hy eers plak… weet ek dat u saam met my gaan stem… en u houding teenoor kinders en kougom heeltemal gaan verander…
Ek sê: “KINDERS HET DIE REG OM KOUGOM TE KOU!”

 

Eerstens lees ek op die bekende tienerwebtuiste… www.jip.co.za... dat  jy nie meer agter in die klas hoef weg te kruip as jy leerprobleme het nie. 
Liandri Pretorius skryf in die artikel... ”Jy is nie dom of lui”... dat leerprobleme nie die einde van jou drome hoef te beteken nie.
Susan Badenhorst… 'n arbeidsterapeut van Alberton gee hier 'n paar wenke vir tieners met leerprobleme.

Een wenk wat my oog onmiddellik gevang het, is dat wanneer jy studeer… dit help om te beweeg… soos om in jou kamer rond te loop en kougom te kou terwyl jy leer.
'n Duidelike bewys dat ons die REG het!

Slim of dom… sê ja vir kouGOM!
 

Tweedens vind  ek 'n interessante artikel getiteld “25 wenke vir 'n gesonder slanker jy” op Health 24 se webtuiste…

8 April 2011.  Daar verduidelik 'n anonieme dieetkundige dat jy suikervrye kougom met 'n sterk geur moet kou wanneer jy lus voel om te peusel.

Kougom met 'n sterk geur oorweldig ander kosse sodat dit nie lekker smaak nie, en die "vals" hongergevoelens sal sodoende opsy geskuif word tot jy werklik honger is.
Kyk nou net hoeveel voordele kougom eintlik het…

Daarom sê ek... kinders het die REG om kougom te kou!

My laaste argument... ek WEET mos hoe voel 'n tiener sonder kougom... amper soos 'n tiener sonder 'n selfoon… en ek weet OOK dat kougom nie jou derms knoop nie! 

Bog man… alles wolhaarstories…            
Die joernalis... Ingrid Botha... het by kenners gaan kers opsteek. In die artikel “Boererate: Vals of dalk waar?” 

In Rapport van 3 September 2011 sê sy dat net soos daar nie 'n siekte soos "Stinkneus" is nie... net so gaan jou derms ook nie knoop as jy kougom insluk nie…

Dr Fritz Potgieter, algemene praktisyn in Bloemfontein sê… en ek haal aan... “kougom volg dieselfde pad as ander kosse omdat dit gedeeltelik uit suikers en preserveermiddels bestaan wat wel afgebreek word”.
Oumense moenie perdedrolle vir vye verkoop nie…

Kougom knoop nie ons derms nie!  Daarom sê ek: ”Kinders het die reg om kougom te kou!”
 

Dames en here…
Beter punte in die klas… 'n Skraler figuur… En bogstories oor geknoopte derms…

3 baie goeie redes vir ons tieners om die REG te hê om kougom te kou…
 

EN... die klewerige waarheid is...

Of julle ons die reg gaan gee om kougom te kou of nie...
KOU gaan ons KOU!









GRAAD 1

Voorsitter
Hande in die lug of ek skiet!

 

Dames en here, vandag gaan ek julle oortuig dat as jou hande in die lug is... sal jy niks kan regkry nie.

Eerstens...
Hoe gaan jy huiswerk doen as jou hande in die lug is?
Dit kan mos nie werk nie!!!!
My Graad 1 Juffrou Rene Visser sê... net kinders wat hulle huiswerk doen kan slimmer word en eendag 'n werk kry.
Ek weet nie van julle nie, maar ek kan nie huiswerk doen met my hande in die lug nie.

Tweedens...
Hoe borsel jy jou tande met jou hande in die lug?
Ons tandarts, Dr Weidemans sê dat plaak die oorsaak is van tandbederf.
As jy nie jou tande gaan borsel nie, gaan die plaakmonsters beslis jou tande verniel.
Ja dames en here, van die hand na die mond val die tandeborsel beslis… op die grond!
Geen skoon tande met hande in die lug!

Laastens, Maats wie van julle kan speel met hande in die lug?
Beslis net as jy die crook is…
My ouma sê altyd dat kinders nog moet speel .
Ek is die cowboy en daarom kan ek nie speel met my hande in die lug nie.

Dames en here,
Met jou hande in die lug kan jy...
nie huiswerk doen nie...
nie jou tande borsel nie...
en kan jy nie speel nie!!!

 

'n Onmoontlike situasie… met jou hande in die lug is jy nes 'n cowboy sonder sy geweer!





GRAAD 4
 

Voorsitter
Daar is sout... en suur...
‘n bietjie koud... en ‘n bietjie warm…
Voeg ‘n bietjie van dit by... en baie van dat… dan word alles saam geroer EN geproe...


Dames en here ..
Vandag gaan ek u oortuig om die resep van die lewe maar aan te pas volgens eie smaak.


Kom ons kyk eerstens na die sout en suur van die lewe…
As ons praat van smake soos sout en suur – dink almal dadelik NEGATIEF.   
Ek verskil!!!
As jou resep sê: "SUUR"... dan roer jy die suur geduldig by...
Dis HOE jy roer… Versigtig… bietjie vir bietjie.
Dit HOEF nie noodwendig negatief te wees nie.
Volgens my gr 4 Natuurwetenskap handboek... is daar sowat 10 000 smaakknoppies op jou tong.
Die suur- en soutknoppies, sit aan die kante.
'n Mens leer gou om die suur plekkies te vermy…
en so leer dit jou dan om die soet van die lewe meer te waardeer.
Pas die resep aan, vat die suur met ‘n positiewe houding en smaak die soet!

Nou bedien ons dit koud… of warm…
Hang af hoe JY dit verkies…
Ek kies sommer albei en klits genoeg van elk by tot ‘n lekker stywe beslag .
Ek lees ‘n artikel  “Groepsdruk” in die Hoezit tydskrif van 2009.  Daar verduidelik Angelique Biagoni wat groepsdruk is. “Dit is wanneer ‘n groep vriende jou aanmoedig om verkeerde dinge te doen.“
MAAR die keuse bly nog altyd by JOU…
Is jy warm of koud?
Of dalk albei… groepsdruk kan ook positief wees – soos wanneer my gesin my dwing om saam met hulle te gaan draf.
Warm of koud?
Maak die regte keuses en pas die resep aan vir ‘n wenresep.

Die resep is gevolg, aangepas en klaar gebak..
Wat nou ? 
Die resep sê niks verder…
Nou moet ek self besluit...
Gaan ek net die normale, vaal, ou gereg voorsit...
OF gaan ek ‘n verskil maak en dit 'n  garneer?
Die resep sê nie so nie, maar ek weet dit gaan goed lyk!

Nataniël – die kaalkop oom dink ook so...
Ek lees in my ma se Sarie tydskrif van 28 Nov 2011 'n artikel "Hoe Natani
ël Kersfees hou”.
Hy reken dat jy BAIE spesiale oomblikke in jou lewe moet hê.  Gebruik jou mooi borde en eetgerei ELKE dag en maak seker die kos LYK mooi.
Net so kan ons in die lewe se resep ook 'n verskil maak.
Jy hoef nie NET die resep aan te pas nie... JY kan dit selfs VERBETER!!!!

Dames en here, volg die lewe se resep... maar pas hom aan na jou eie smaak.

Wees positief en proe die soet...
Maak die regte keuses...
En maak ‘n verskil.

 

Alles aanpassings by die resep… Die WENRESEP!

bottom of page