top of page

KLASPRAATJIES

​PRYS

Gr 1 - 3   R200
Gr 4 - 7   R230
Gr 8 - 12 R300

​
VOORBEELDE

​

KLASTOESPRAAK  Gr 4 - 7


As ek my wêreld kon verander

 

Sê nou ruimtewesens kom haal my terwyl ek slaap?
S
ê nou spinasie was nie sleg nie?
S
ê nou 'n olifant het vlerke gehad?
S
ê NOU DIE AARDE WAS SONDER SEUNS?????!

Kom ons kyk... As ek my wêreld kon verander...

Sou seuns rokkies moes dra!!!
Vir wat moet hulle al die voordeel kry van gemak!
Ek wil sien hoe die spiertier van die speelgrond homself kan handhaaf met 'n skoolrok…
Ja-nee... rokkies SAL hy dra en ALMAL sal kyk daarna!

In my wereld sal die donkie beslis nie staan en dink of dit' n muishond is wat stink….
Ja… Adam… die weeklikse bad sal dan nou vervang word met die DAAGLIKSE bad..

My wêreld sal ook beslis nie stilstaan vir 80 minute elke Saterdag nie… en GEEN  man sal die reg hê om die afstandbeheer van die TV te gebruik nie.

Ek sou ook dinge in die kombuis verander.  Elke man sal 'n MEESTERKOK wees!  Geen vrou sal meer voor die stoof hoef te staan nie!
Die kombuis sal verbode terrein vir vroue word…

As ek my wêreld kon verander sou ek ook natuurlik vir EVA alleenreg gee tot alle kredietkaarte. 
Het julle geweet dat omtrent 40% van alle geld wat huistoe gebring word op kos spandeer word?
Ek weet, ek weet... ons moet eet om te oorleef, maar ek dink ons spandeer hopeloos te veel geld op kos!
Adam is mos honger gebore…
Dink net… in my nuwe w
êreld…
Eva... sal seker maak dat lewensnoodsaaklikhede BO aan die lys is...
Geen tekort aan skoene of klere… nooit, ooit weer...
Sien ons Eva–geslag sal natuurlik ook bewys dat geld wel kan groei aan bome… jy moet net die regte boom plant…

Maats… Olifante mag dalk vlerke kry… maar Adam en sy nageslag is hier om te bly…
Dink net as ek my sin kan kry... om in my eie, nuwe w
êreld te bly!

​ 

​KLASTOESPRAAK GR 1

​
Hoe om ‘n toebroodjie te maak

 

Sit nou, handjies gevou…
Luister mooi sodat jy alles kan onthou...
Want ek gaan julle leer om ‘n broodjie te maak vir elke smaak.

Handjies klap… Broodjies bak…
Bring die meel… nie te veel…

Nou vir die ham en ook die kaas...
Los maar die blaarslaai vir die haas

Tamaties is te suur…
En Mamma se kaviaar is te duur…

So, kom ons bly by die ham en kaas...

Hou jy van jou broodjie oop of toe?
Met ‘n korsie of sonder ‘n korsie?

Sny versigtig... moenie dat die mes gly…
Want dan gaan jou vinger daaronder ly..

Pak mooi weg, dan lyk als weer reg.

Moenie vergeet om op te ruim...
Anders het jy jou plig versuim...

Lekker eet ons nou-nou.

​ 

KLASTOESPRAAK GR 2-4


Onderhoud

 

Maats welkom by Woensdagoggend se avontuur uur... saam met MARNUS DU PREEZ...

Okei... ek weet julle ken my al...

Ek het 'n onderhoud gevoer... En vandag gaan ons loer...

Na die lewe van 'n man met 'n roer...

Herman Vermaak... bekende Professionele Grootwildjagter.

Van klein tot groot... het hy al geskiet...

Van olifant tot 'n kokewiet...

Die Groot Vyf jaag hom glad nie die skrik op die lyf...

Leeus het hom al bestorm... glo my dis waar!

Gelukkig is hy 'n uitstekende skut... anders was dit neusie verby... en die leeu het hom gekry!

Dink net as ‘n leeu vir jou staan en grom en hy trek sy rug so krom!?

Die koning van Spanje, wou ‘n olifant kom jag…
Herman moes hom help... maar het in sy mou gelag...
Die koning het so geskrik toe die Olifant na hom loer van omhoog...
En sy broek was toe glad nie meer droog!

Toe ek vir Herman vra, wat is die gevaarlikste dier om te jag...
Toe sê hy met ‘n groot glimlag…
Die vroumense van hier is erger as ‘n tier!

​ 

bottom of page